Luister na
Anton is op Whale Coast FM elke Woendag 9pm - kliek onder op 'n uitsending se datum om te luister:

Lucas Maree et al tribute - 1 of 2
Lucas Maree et al tribute - 2 of 2

Facebook
Anton Twitter
    besig om Twitter te laai...
volg Anton op Twitter




Anton op jou foon
Kry Anton se gig guide op jou foon stuur 'n sms boodskap met SAM TONYG na 35010. Koste is eenmalig R3.








Tuis, Nuus en Dinge...
Sun 21 Jun
Gansbaai kry Eeufeesmedalje
Van Suid-Afrika se voorste musici, politici, medici, natuurwetenskaplikes en literatore word volgende Saterdag in Bloemfontein met spesiale eeufeesmedaljes vereer deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Drie van Suid-Afrika se Nobelpryswenners - oudpress. Nelson Mandela en FW de Klerk asook emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu - word ook met erelidmaatskap van die Akademie vereer.

Dit is alles deel van die Akademie se eeufeesviering vanjaar. Die 25 eeufeesmedaljes gaan onder andere aan mnr. Trevor Manuel (minister in die presidensie), Adam Small (digter), Jeanne Goosen (skrywer), die akteur Al Debbo en die radioman Fanus Rautenbach oorhandig word. Anton Goosen, David Kramer, Coenie de Villiers, en Nico Carstens (musikante) kry eeufeesmedaljes. "Dit is vir my so groot soos die Suid-Afrikaanse musiekprys (Sama) se lewens-toekenning. Ons is in baie beroemde geselskap," se Goosen.


Tue 9 Jun
soms is ons lui ...
het eindelik begin fotos laai ... gaan na [Fotos], pick 'n gallery - vergroot foto deur op dit te kliek ...


Mon 27 Apr
SAMA-toekenning
Saterdag 2 Mei 2009 word Anton Goosen en Yvonne Chaka Chaka, vereer met die Life Achievement SAMA-toekenning vir hul onderskeie individuele bydraes tot Suid-Afrikaanse musiek tydens die 15e jaarlikse MTN SAMA musiektoekennings funksie te Sun City.

Die SAMA lewensbydraes is die hoogste musiek-toekenning in Suid-Afrika.

Anton Goosen,die liedjieboer en deesdae Gansbaai se bekendste inwoner, word beskou as die Vader van moderne Afrikaanse musiek en rock en as die mees invloedryke Afrikaanse liedjieskrywer van alle tye.

SAMA 2009 word Saterdag 2 Mei 2007 lewend op TV1 gebeeldsend. Anton en Yvonne en die oud-Lucky Dube orkes onder leiding van Tutu Cele doen die aand ook ?n lewende keurspel van hul onderskeie treffers.

Anton het twee jaar gelede na Gansbaai verhuis en dit sy hoofbasis gemaak vanwaar hy werk. Hy bied ook tans ?n musiekprogram, ?Deur die ore van? elke Woensdagaand om 9 uur aan op die plaaslike gemeenskapstasie Whale Coast FM 96 wat vanuit Hermanus oor die Overstrand uitsaai.







© 2009 Anton Goosen - Alle regte voorbehou
Besprekings e-pos navrae@antongoosen.co.za
designed by SIMedia - powered by SAMusic.co.za
hosted by HostVille SA